JESAJA 23:4
JESAJA 23:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Staan beskaamd, Sidon, want die see, die vesting van die see, spreek en sê: Ek het geen weë gehad en nie gebaar nie, en ek het geen jongmanne grootgemaak of jongedogters opgevoed nie.
JESAJA 23:4 Bybel vir almal (ABA)
Mense van Sidon, julle weet nie wat om te doen nie, want die stad wat sterk mure het, die stad by die see, het gepraat en gesê: “Ek het nooit kinders gekry nie, ek het nie jongmans en dogters grootgemaak nie.”
JESAJA 23:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Laat sak jou kop in skaamte, Sidon, want die see, die vestingstad van die see, sê: “Ek het nooit geboortepyne gehad nie, ek het nie kinders in die wêreld gebring nie; ek het nie jongmanne grootgemaak, dogters opgevoed nie.”