JESAJA 19:2
JESAJA 19:2 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “Ek sal die Egiptenaars kwaad maak vir mekaar en hulle sal oorlog maak teen mekaar, broer teen broer, buurman teen buurman. Die een stad sal oorlog maak teen die ander stad, en die een deel van die land teen die ander deel van die land.
JESAJA 19:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek sal Egipte teen Egipte ophits, sodat hulle sal veg, elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.
JESAJA 19:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek, die Here, sal die een Egiptenaar die vyand van die ander maak: broer sal teen broer veg, vriend teen vriend, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.
JESAJA 19:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Ek gaan Egiptenare teen mekaar aanhits, sodat elkeen teen sy familielid sal veg en elkeen teen sy medemens – stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.
JESAJA 19:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek sal die Egiptenaars opstel teen die Egiptenaars, en hulle sal elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste veg; stad teen stad, en koninkryk teen koninkryk.