JESAJA 19:18
JESAJA 19:18 Bybel vir almal (ABA)
Daardie dag sal die mense van vyf stede in Egipte die taal praat van die mense in die land Kanaän, en wanneer hulle iets belowe, dan sal hulle die Naam van die Here noem, die Here wat oor alles regeer. Een van die stede se naam sal wees: Die-Stad-Wat-Verwoes-Is.
JESAJA 19:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
In dié dag sal daar vyf stede in Egipteland wees wat die taal van Kanaän spreek en by die HERE van die leërskare sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting.
JESAJA 19:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daardie dag sal die inwoners van vyf Egiptiese stede Hebreeus praat, en wanneer hulle 'n eed aflê, sal hulle dit in die Naam van die Here die Almagtige doen. Een van hulle sal Die Verwoeste Stad genoem word.
JESAJA 19:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op daardie dag sal daar vyf stede in Egipteland wees wat die taal van Kanaän praat en wat aan die HERE, Heerser oor alle magte, trou sweer. Een van die stede sal Stad van Verwoesting genoem word.
JESAJA 19:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In dié dag sal vyf stede in Egipteland die taal van Kanaän spreek en by die HERE van die leërskare sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting.