JESAJA 18:7 - Compare All Versions
JESAJA 18:7 ABA (Bybel vir almal)
In daardie tyd sal die lang mense met die blink velle weer kom, die mense vir wie almal bang is, die mense wat sterk is en wat maklik ander mense aanval. Baie riviere vloei deur daardie mense se land. Hulle sal presente bring vir die Here wat oor alles regeer, hulle sal dit bring na Sionsberg, die plek van die Here wat oor alles regeer.”
JESAJA 18:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
In dié tyd sal aan die HERE van die leërskare geskenke gebring word van die hoog uitgegroeide volk met die blink vel en van die wyd en syd gevreesde volk, die nasie gewoond om te gebied en te vertrap, wie se land deur riviere deursny word, na die plek van die Naam van die HERE van die leërskare, na die berg Sion.
JESAJA 18:7 AFR83 (Afrikaans 1983)
In dié tyd sal daar geskenke aan die Here die Almagtige gebring word uit die land wat deur riviere deursny word. Dit sal kom van die lang mense met die blink velle, die volk wat wyd en syd gevrees word, die nasie wat gewoond is om alles met mag plat te trap. Hulle sal die geskenke bring na Sionsberg toe, na die plek toe waar die Here die Almagtige geroem word.
JESAJA 18:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
In daardie tyd sal geskenke gebring word vir die HERE, Heerser oor alle magte, deur 'n volk wat lank en glansend is, 'n volk wat wyd en syd gevrees word, 'n sterk en seëvierende nasie, wie se land verdeel word deur riviere – na die plek toe waaraan die Naam van die HERE, Heerser oor alle magte, verbonde is, na die berg Sion.
JESAJA 18:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
In dié tyd sal die geskenk aan die HERE van die leërskare gebring word van 'n volk wat verstrooi en afgeskil is, en van 'n volk wat vreeslik is van hulle begin af tot nou toe; 'n nasie wat uitgemeet en vertrap is, wie se land die riviere verwoes het, na die plek van die Naam van die HERE van die leërskare, die berg Sion.
JESAJA 18:7 DB (Die Boodskap)
Maar daar kom ’n tyd wanneer die Here die Almagtige geskenke sal ontvang van hierdie lang mense met die blink vel wat in die land bly wat deur die riviere deurkruis word en vir wie almal bang is. Hulle sal die geskenke vir Hom Jerusalem toe bring, op daardie plek waar Hy gesê het Hy aanbid moet word.
JESAJA 18:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die tyd kom wanneer die HERE, die Almagtige, geskenke sal kry van die lang mense met die gladde vel wat wyd en syd gevrees word vir hulle aanvalle en verwoesting. Die land wat deur riviere verdeel word, sal geskenke bring vir die HERE, die Almagtige, in Jerusalem, die plek waar Hy woon.