JESAJA 14:27 - Compare All Versions

JESAJA 14:27 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die Here die Almagtige het dit besluit; wie sal dit kan verydel? Sy hand is uitgesteek; wie sal die oordeel kan afweer?

JESAJA 14:27 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

want die HERE van die leërskare het dit besluit — wie sal dit kan verydel? En sy hand is uitgestrek — wie sal dit kan afkeer?

JESAJA 14:27 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die HERE, die Almagtige, het besluit, en wie sal sy planne kan verander? Wanneer sy hand beweeg, wie kan dit terugbring?”

JESAJA 14:27 DB (Die Boodskap)

Wie kan die Here die Almagtige se planne in die wiele ry? Daar is niks of niemand wat Hom kan keer wanneer Hy besluit het om te straf nie.

JESAJA 14:27 ABA (Bybel vir almal)

Ja, die Here wat oor alles regeer, het besluit, en Hy sal doen wat Hy wil doen, en niemand kan Hom stop nie.

JESAJA 14:27 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ja, die HERE, Heerser oor alle magte, het besluit – wie kan dit verydel? Sy hand is uitgestrek – wie kan dit afweer?

JESAJA 14:27 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want die HERE van die leërskare het dit voorgeneem, en wie sal dit vernietig? en sy hand is uitgestrek, en wie sal dit terugdraai?