JESAJA 13:8
JESAJA 13:8 Bybel vir almal (ABA)
Hulle sal pyne kry en skrik, hulle sal krom buig soos 'n vrou wat 'n baba kry. Hulle sal kyk na mekaar, en hulle gesigte sal brand van die pyn.
JESAJA 13:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en hulle is verskrik, kry krampe en weë; hulle krimp inmekaar soos een wat baar; die een kyk die ander verbaas aan; hulle gesigte is vlammende gesigte.
JESAJA 13:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle sal skrikbevange raak, krampe en pyne sal hulle oorval; soos 'n vrou wat 'n kind in die wêreld bring, sal hulle inmekaarkrimp. Hulle sal mekaar beangs aankyk, wit van die skrik.
JESAJA 13:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle raak angsbevange; krampe en geboortepyne pak hulle beet – soos 'n vrou wat geboorte gee, krimp hulle ineen. Hulle staar mekaar aan – soos vlamme is hulle gesigte.
JESAJA 13:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle sal bevrees wees; weë en smarte sal hulle aangryp; hulle sal pyn hê soos 'n vrou wat baar; hulle is verbaas oor mekaar; hulle gesigte sal wees soos vlamme.