JESAJA 13:7 - Compare All Versions

JESAJA 13:7 ABA (Bybel vir almal)

Al die mense sal baie bang word. Hulle hande sal pap hang en hulle harte sal bang word en bewe.

JESAJA 13:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Daarom word al die hande slap, en elke mensehart versmelt

JESAJA 13:7 AFR83 (Afrikaans 1983)

Almal se hande sal slap hang, almal se harte sal verstyf van angs.

JESAJA 13:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Daarom sal alle hande slap word, en elke mensehart ineenkrimp.

JESAJA 13:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Daarom sal al die hande mat word, en elke mens se hart sal smelt.

JESAJA 13:7 DB (Die Boodskap)

Almal sal lam word van die skrik en vreesbevange bly staan.

JESAJA 13:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Elke arm hang verlam van vrees. Selfs die sterkstes se harte smelt inmekaar