JESAJA 12:3-4 - Compare All Versions

JESAJA 12:3-4 ABA (Bybel vir almal)

Julle sal bly wees en juig wanneer julle water skep uit die Fontein van redding. Julle sal daardie dag sê: “Prys die Here, sê vir almal wie Hy is, vertel vir al die volke wat Hy gedoen het, sê vir hulle Hy is belangriker as alles.

JESAJA 12:3-4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil. En julle sal in dié dag sê: Dank die HERE, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend, verkondig dat sy Naam hoog is!

JESAJA 12:3-4 AFR83 (Afrikaans 1983)

Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding. Op dié dag sal julle uitroep: “Loof die Here, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend en verkondig dat sy Naam groot is.

JESAJA 12:3-4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Julle sal met vreugde water skep uit die fonteine van verlossing. Julle sal op daardie dag sê, ‘Prys die HERE! Roep sy Naam uit! Maak onder die volke sy dade bekend! Verkondig dat sy Naam verhewe is!

JESAJA 12:3-4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Daarom sal julle met blydskap water skep uit die fonteine van verlossing. En in dié dag moet julle sê: Prys die HERE, roep sy Naam aan, verkondig sy handelinge onder die volke, maak melding dat sy Naam hoog is.

JESAJA 12:3-4 DB (Die Boodskap)

Soos ’n fontein met vars, helder water ’n dors mens laat jubel van vreugde, so sal julle jubel oor die verlossing wat kom. Dan sal julle sing: “Loof die Here en eer sy Naam. Vertel vir die volke van alles wat Hy gedoen het. Vertel vir hulle hoe wonderlik Hy is.

JESAJA 12:3-4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Met blydskap sal julle drink van die fonteine van redding! In daardie dag sal julle sing: “Dank die HERE! Prys sy Naam! Vertel die wêreld wat Hy gedoen het. Vertel vir almal dat Hy groot is.