JESAJA 1:23
JESAJA 1:23 Bybel vir almal (ABA)
Julle amptenare luister nie na My nie, hulle is vriende van diewe. Mense betaal hulle om verkeerd te doen. Dan doen hulle nie reg in die poort nie. Hulle luister nie wat die weduwees en weeskinders sê nie.
JESAJA 1:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jou vorste is opstandelinge en metgeselle van diewe; elkeen van hulle het omkoopgeskenke lief en jaag beloninge na. Aan die wees doen hulle geen reg nie, en die saak van die weduwee kom nie voor hulle nie.
JESAJA 1:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jou vorste is in opstand teen My, hulle is kop in een mus met diewe. Hulle is almal versot op korrupsie en is agter omkoopgeskenke aan. Hulle laat nie reg geskied aan weeskinders nie, hulle behartig nie die regsake van weduwees nie.