JESAJA 1:17
JESAJA 1:17 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet leer om goed te doen, julle moet reg doen aan ander mense. Julle moet die mense help wat swaarkry, julle moet seker maak dat mense reg doen aan weeskinders en weduwees.”
JESAJA 1:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.
JESAJA 1:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë. Laat reg geskied aan die weeskinders, behartig die regsake van die weduwees.
JESAJA 1:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Leer om goed te doen! Bevorder die reg! Lê die onderdrukker aan bande! Handhaaf die reg van die vaderloses! Verdedig die weduwees se regsake!
JESAJA 1:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Leer om goed te doen; soek oordeel, help die verdruktes, oordeel die wees, pleit vir die weduwee.