JESAJA 1:16-17
JESAJA 1:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen, leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.
JESAJA 1:16-17 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet julle was en julle skoonmaak, dit is wat julle moet doen. Julle moenie aanhou om slegte dinge te doen nie, julle moet ophou om verkeerd te doen. Julle moet leer om goed te doen, julle moet reg doen aan ander mense. Julle moet die mense help wat swaarkry, julle moet seker maak dat mense reg doen aan weeskinders en weduwees.”
JESAJA 1:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Was julle, reinig julle. Moenie voor My verskyn as julle verkeerd doen nie. Hou op met kwaad doen. Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë. Laat reg geskied aan die weeskinders, behartig die regsake van die weduwees.
JESAJA 1:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Was julle! Reinig julle! Verwyder julle bose dade voor my oë! Hou op om kwaad te doen! Leer om goed te doen! Bevorder die reg! Lê die onderdrukker aan bande! Handhaaf die reg van die vaderloses! Verdedig die weduwees se regsake!
JESAJA 1:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Was jou, maak jou rein; verwyder die boosheid van jou handelinge voor my oë; hou op om kwaad te doen; Leer om goed te doen; soek oordeel, help die verdruktes, oordeel die wees, pleit vir die weduwee.
JESAJA 1:16-17 Die Boodskap (DB)
Gaan kry eers julle lewens reg. Hou op om al hierdie verkeerde goed te doen. Los die slegte goed waarmee julle besig is! Leer eerder hoe om weer goed te doen en sorg dat mense billik en onpartydig behandel word. Help dié wat misbruik word en beskerm die regte van dié wat nie vir hulleself kan sorg en nie al die geleenthede in die lewe het nie.
JESAJA 1:16-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Was julleself en word skoon! Moenie dat Ek verder sien hoe boos julle optree nie. Sien af van julle weë. Leer eers om goed te doen. Sorg dat mense regverdig behandel word. Help mense wat verdruk word. Verdedig die weeskind. Pleit vir die regte van die weduwee.