JESAJA 1:13-14
JESAJA 1:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie langer julle nuttelose offergawes bring nie: Ek het 'n afsku van julle wierookoffers. Nuwemaansfeeste, sabbatsvierings, die uitroep van feesdae: Ek verdra nie feesviering met onreg saam nie. Julle nuwemaansfeeste en feesgetye haat Ek. Hulle is vir My 'n las, Ek is moeg daarvoor.
JESAJA 1:13-14 Bybel vir almal (ABA)
Die presente wat julle vir My bring, beteken niks, en die wierook ruik nie lekker vir My nie. Julle moet ophou om dit te offer. Julle vier feeste op die Nuwemaan-dag en die Sabbatdag, julle kom by die tempel bymekaar. Julle hou gewyde feesdae maar dan doen julle slegte dinge. Ek hou nie daarvan nie. Ek haat julle Nuwemaan-feeste en julle ander feeste. Hulle is vir My soos swaar goed wat Ek moet dra, en Ek is moeg om dit te dra.
JESAJA 1:13-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My. Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste — Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie! Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My 'n oorlas. Ek is moeg om dit te dra.
JESAJA 1:13-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hou op om waardelose •graanoffers aan te dra! Reukwerk – afstootlik is dit vir My. Nuwemaansfeeste en Sabbatte, die saamroep van byeenkomste – Ek kan nie onreg én gewyde rusdae verdra nie. Julle nuwemane en vaste feestye haat Ek met my hele wese; dit is vir My 'n las, Ek is moeg daarvoor om dit te dra.
JESAJA 1:13-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Bring nie meer ydele gawes nie; reukwerk is vir my 'n gruwel; die nuwemane en die sabbatte, die roeping van samekomste, kan Ek nie mee weg nie; dit is ongeregtigheid, selfs die feesviering. Jou nuwemane en jou feestye haat my siel; dit is vir my 'n benoudheid; Ek is moeg om hulle te dra.
JESAJA 1:13-14 Die Boodskap (DB)
Hou op om hier aan te kom met julle offers. Ek sien reg deur julle skynheiligheid! Julle wierookoffers stink vir My! Ek kan dit nie vat dat julle aanhou sonde doen en dan nog steeds ewe vroom hier na die tempel toe kom vir die nuwemaansfeeste en sabbatvierings nie. Ek haat julle rusdae en feeste. Ek is moeg daarvoor, Ek kan dit nie meer verdra nie.
JESAJA 1:13-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hou op om huigelagtige offers te bring. Julle wierook is vir My afstootlik. Julle feesvierings op Nuwemaanfees en Sabbatte, julle spesiale vasdae, ook julle vroomste byeenkomste kan Ek nie verdra nie, want dis vol boosheid! “Ek haat julle Nuwemaanfeeste en ander feeste. Dit het ’n las vir My geword en Ek kan dit nie meer verdra nie!