JESAJA 1:10-20
JESAJA 1:10-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Luister na die woord van die Here, julle Sodomsleiers! Gee ag op wat ons God julle leer, julle Gomorrasvolk! Wat het Ek aan julle baie offers? vra die Here. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van voerbeeste; die bloed van bulle en lammers en bokke staan My nie aan nie. As julle kom om voor My te verskyn, wie het julle gevra om my voorhowe te kom vertrap? Moenie langer julle nuttelose offergawes bring nie: Ek het 'n afsku van julle wierookoffers. Nuwemaansfeeste, sabbatsvierings, die uitroep van feesdae: Ek verdra nie feesviering met onreg saam nie. Julle nuwemaansfeeste en feesgetye haat Ek. Hulle is vir My 'n las, Ek is moeg daarvoor. As julle julle hande in gebed uitstrek, sal Ek my oë vir julle toemaak. Selfs al bid julle hoe baie, sal Ek nie luister nie, want julle hande is met bloed bevlek. Was julle, reinig julle. Moenie voor My verskyn as julle verkeerd doen nie. Hou op met kwaad doen. Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë. Laat reg geskied aan die weeskinders, behartig die regsake van die weduwees. Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. As julle gehoorsaam wil wees, sal julle die goeie van die land eet, maar as julle weier en opstandig bly, sal die swaard júlle eet, want dit is die Here wat dit gesê het.
JESAJA 1:10-20 Bybel vir almal (ABA)
Maar júlle is soos Sodom en Gomorra, julle, die leiers en die volk. Julle moet luister na wat die Here nou vir julle sê, julle moet hoor wat Hy vir julle wil leer. Die Here sê: “Hoekom bring julle vir My so baie offers? Ek is moeg vir die ramme en die vet beeste wat julle offer, Ek hou nie van bulle en lammers en bokke se bloed nie. Ek het nie gesê julle moet na my tempel kom en die plek stukkend trap wanneer julle offers bring nie. Die presente wat julle vir My bring, beteken niks, en die wierook ruik nie lekker vir My nie. Julle moet ophou om dit te offer. Julle vier feeste op die Nuwemaan-dag en die Sabbatdag, julle kom by die tempel bymekaar. Julle hou gewyde feesdae maar dan doen julle slegte dinge. Ek hou nie daarvan nie. Ek haat julle Nuwemaan-feeste en julle ander feeste. Hulle is vir My soos swaar goed wat Ek moet dra, en Ek is moeg om dit te dra. Ek sal nie luister wanneer julle bid en julle hande na My toe uitsteek nie. Ook wanneer julle baie bid, sal Ek nie luister nie, want julle is moordenaars. Julle moet julle was en julle skoonmaak, dit is wat julle moet doen. Julle moenie aanhou om slegte dinge te doen nie, julle moet ophou om verkeerd te doen. Julle moet leer om goed te doen, julle moet reg doen aan ander mense. Julle moet die mense help wat swaarkry, julle moet seker maak dat mense reg doen aan weeskinders en weduwees.” Die Here sê: “Kom ons praat met mekaar. Iets wat so rooi soos bloed is, kan nie wit word soos sneeu of wol nie. Mense wat groot sondaars is soos julle, kan nie rein word nie. Maar Ék sál julle rein maak. As julle luister na My, dan sal dit goed gaan met julle hier in die land. Maar as julle nie wil luister nie, dan sal die vyande julle doodmaak.” Dit is wat die Here gesê het.
JESAJA 1:10-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hoor die woord van die HERE, owerstes van Sodom! Luister na die wet van onse God, volk van Gomorra! Wat het Ek aan die menigte van julle slagoffers? sê die HERE. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte kalwers; en Ek het geen behae in die bloed van stiere of lammers of bokke nie. As julle kom om voor my aangesig te verskyn, wie het dit van julle hand geëis — om my voorhowe te vertrap? Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My. Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste — Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie! Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My 'n oorlas. Ek is moeg om dit te dra. En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed. Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen, leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee. Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol. As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet. Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek.
JESAJA 1:10-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Luister na die woord van die Here, julle Sodomsleiers! Gee ag op wat ons God julle leer, julle Gomorrasvolk! Wat het Ek aan julle baie offers? vra die Here. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van voerbeeste; die bloed van bulle en lammers en bokke staan My nie aan nie. As julle kom om voor My te verskyn, wie het julle gevra om my voorhowe te kom vertrap? Moenie langer julle nuttelose offergawes bring nie: Ek het 'n afsku van julle wierookoffers. Nuwemaansfeeste, sabbatsvierings, die uitroep van feesdae: Ek verdra nie feesviering met onreg saam nie. Julle nuwemaansfeeste en feesgetye haat Ek. Hulle is vir My 'n las, Ek is moeg daarvoor. As julle julle hande in gebed uitstrek, sal Ek my oë vir julle toemaak. Selfs al bid julle hoe baie, sal Ek nie luister nie, want julle hande is met bloed bevlek. Was julle, reinig julle. Moenie voor My verskyn as julle verkeerd doen nie. Hou op met kwaad doen. Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë. Laat reg geskied aan die weeskinders, behartig die regsake van die weduwees. Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. As julle gehoorsaam wil wees, sal julle die goeie van die land eet, maar as julle weier en opstandig bly, sal die swaard júlle eet, want dit is die Here wat dit gesê het.
JESAJA 1:10-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Luister na die woord van die HERE, •gesagvoerders van Sodom! Gee aandag aan die wet van ons God, mense van Gomorra! “Wat baat julle magdom slagoffers My?” vra die HERE. “Ek het genoeg gehad van die •brandoffers van ramme en die vet van gevoerde diere. Die bloed van bulle, lammers en bokramme staan My nie aan nie. Wanneer julle kom om voor My te verskyn – wie eis dit van julle om my voorhowe te vertrap? Hou op om waardelose •graanoffers aan te dra! Reukwerk – afstootlik is dit vir My. Nuwemaansfeeste en Sabbatte, die saamroep van byeenkomste – Ek kan nie onreg én gewyde rusdae verdra nie. Julle nuwemane en vaste feestye haat Ek met my hele wese; dit is vir My 'n las, Ek is moeg daarvoor om dit te dra. As julle julle hande uitstrek, sluit Ek my oë vir julle. Selfs as julle baie bid, luister Ek nie. Julle hande is vol bloed. Was julle! Reinig julle! Verwyder julle bose dade voor my oë! Hou op om kwaad te doen! Leer om goed te doen! Bevorder die reg! Lê die onderdrukker aan bande! Handhaaf die reg van die vaderloses! Verdedig die weduwees se regsake! “Kom tog, laat ons die saak uitpraat!” sê die HERE. “Al is julle sondes rooi soos karmosyn, dit sal wit word soos sneeu; al is dit rooi soos skarlaken, soos wol sal dit word. As julle gewillig is en luister – die goeie van die land sal julle geniet. Maar as julle weier en opstandig is – deur die swaard sal julle verteer word.” Ja, die mond van die HERE het gespreek.
JESAJA 1:10-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hoor die woord van die HERE, owerstes van Sodom! luister na die wet van onse God, volk van Gomorra! Waartoe is die menigte van julle offers vir My? spreek die HERE: Ek is vol van die brandoffers van ramme en die vet van gevoede vee; en Ek het geen behae in die bloed van bulle of lammers of bokke nie. As julle kom om voor my te verskyn, wie het dit van julle hand geëis, om my voorhowe te betree? Bring nie meer ydele gawes nie; reukwerk is vir my 'n gruwel; die nuwemane en die sabbatte, die roeping van samekomste, kan Ek nie mee weg nie; dit is ongeregtigheid, selfs die feesviering. Jou nuwemane en jou feestye haat my siel; dit is vir my 'n benoudheid; Ek is moeg om hulle te dra. En as julle julle hande uitbrei, sal Ek my oë vir julle verberg; ja, as julle baie bid, sal Ek nie luister nie; julle hande is vol bloed. Was jou, maak jou rein; verwyder die boosheid van jou handelinge voor my oë; hou op om kwaad te doen; Leer om goed te doen; soek oordeel, help die verdruktes, oordeel die wees, pleit vir die weduwee. Kom nou en laat ons die saak uitmaak, spreek die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al is hulle rooi soos bloedrooi, hulle sal wees soos wol. As julle gewillig en gehoorsaam is, sal julle die goeie van die land eet; Maar as julle weier en in opstand kom, sal julle deur die swaard verteer word, want die mond van die HERE het dit gespreek.
JESAJA 1:10-20 Die Boodskap (DB)
Julle is eintlik net so skuldig soos daardie twee dorpe. So, luister nou na die Here, julle leiers van Sodom. Let op, mense van Gomorra, want God wil julle iets leer. Wat het Ek met hierdie klomp offers van julle te doen? wil die Here weet. Watter betekenis het skape wat geoffer word of die vet van voerbeeste? Ek steur My doodeenvoudig nie meer daaraan nie. Selfs die bloed van beeste, skape en bokke is nie meer vir My aanvaarbaar nie. Wie het julle gevra om die voorportale van my tempel so te kom vertrap met hierdie waardelose offers? Julle trap net die plek vuil met al hierdie diere. Hou op om hier aan te kom met julle offers. Ek sien reg deur julle skynheiligheid! Julle wierookoffers stink vir My! Ek kan dit nie vat dat julle aanhou sonde doen en dan nog steeds ewe vroom hier na die tempel toe kom vir die nuwemaansfeeste en sabbatvierings nie. Ek haat julle rusdae en feeste. Ek is moeg daarvoor, Ek kan dit nie meer verdra nie. Al steek julle julle hande uit na My toe as julle bid, Ek kyk nie eens na julle nie. Julle kan soveel bid as wat julle wil, Ek sal nie na julle luister nie, want julle is almal ’n klomp moordenaars. Gaan kry eers julle lewens reg. Hou op om al hierdie verkeerde goed te doen. Los die slegte goed waarmee julle besig is! Leer eerder hoe om weer goed te doen en sorg dat mense billik en onpartydig behandel word. Help dié wat misbruik word en beskerm die regte van dié wat nie vir hulleself kan sorg en nie al die geleenthede in die lewe het nie. Kom ons handel dié saak nou af, sê die Here. Dit maak nie saak hoe diep die vlekke van julle sonde is nie, Ek kan dit skoonmaak. Al was julle bloedrooi gevlek van die sonde, kan Ek dit wegwas en julle so wit laat word soos sneeu wat nou net geval het. Selfs al is die vlekke van julle sonde purperrooi, sal Ek julle skoonmaak sodat julle so wit soos splinternuwe wol sal lyk. As julle na My wil luister en My toelaat om julle te help, sal julle ’n goeie bestaan in hierdie land kan maak, maar as julle weier en aanhou rebelleer, staar julle oorlog in die gesig. Dit is wat die Here gesê het.
JESAJA 1:10-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Luister na die woord van die HERE, julle regeerders van Sodom! Luister na die bepalings van ons God, julle mense van Gomorra! “Ek is siek van julle baie offers,” sê die HERE. “Moenie nog meer brandoffers vir My bring nie! Die vet van julle ramme of ander diere wil Ek nie hê nie. Ek kry geen genot in die bloed van julle bulle én ramme én bokke nie. Wie het julle beveel om voor My te verskyn, om my voorhowe te vertrap? Hou op om huigelagtige offers te bring. Julle wierook is vir My afstootlik. Julle feesvierings op Nuwemaanfees en Sabbatte, julle spesiale vasdae, ook julle vroomste byeenkomste kan Ek nie verdra nie, want dis vol boosheid! “Ek haat julle Nuwemaanfeeste en ander feeste. Dit het ’n las vir My geword en Ek kan dit nie meer verdra nie! Ek sal nie meer kyk wanneer julle julle hande in gebed na My toe uitsteek nie. Selfs al bid julle hoe baie, sal Ek nie luister nie. Want julle hande is vol van die bloed van onskuldige slagoffers. Was julleself en word skoon! Moenie dat Ek verder sien hoe boos julle optree nie. Sien af van julle weë. Leer eers om goed te doen. Sorg dat mense regverdig behandel word. Help mense wat verdruk word. Verdedig die weeskind. Pleit vir die regte van die weduwee. “Kom nou, laat ons die saak uitpraat,” sê die HERE. “Maak nie saak hoe diep die vlek van julle sonde is nie, Ek kan dit verwyder. Ek kan julle so skoon maak soos sneeu wat pas geval het. Selfs al is die vlek so rooi soos purper, Ek kan julle wit maak soos wol. As julle gewillig is en My maar net gehoorsaam, sal julle die goeie gawes van die aarde eet. Maar as julle weier en rebelleer, sal julle deur julle vyande vernietig word. Ek, die HERE, sê so!”