HOSEA 9:9
HOSEA 9:9 Die Boodskap (DB)
Hulle gaan agteruit en word so sleg soos destyds by Gibea. Die Here onthou alles wat hulle verkeerd gedoen het. Hy sal hulle vir elke sonde straf.”
HOSEA 9:9 Bybel vir almal (ABA)
Hulle is baie slegte mense, hulle is so sleg soos die mense van die stad Gibea, lank gelede. Die Here sal onthou wat hulle gedoen het, Hy sal hulle straf oor hulle sondes.
HOSEA 9:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hulle het baie, baie verkeerd gehandel soos in die dae van Gíbea. Hy sal dink aan hulle ongeregtigheid, besoeking doen oor hulle sondes.
HOSEA 9:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Net soos in die tyd van Gibea is daar nie 'n einde aan hulle slegte dade nie. Die Here sal hulle sonde teen hulle hou, Hy gaan hulle laat boet vir hulle oortredings.
HOSEA 9:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het uiters verdorwe opgetree soos in die dae van Gibea. Hy gaan hulle sondeskuld in herinnering roep, Hy gaan rekenskap eis oor hulle sondes.
HOSEA 9:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hulle het hulleself diep verdorwe soos in die dae van Gíbea; daarom sal Hy aan hulle ongeregtigheid dink, hulle sondes besoek.