HOSEA 9:2 - Compare All Versions

HOSEA 9:2 ABA (Bybel vir almal)

Hulle sal nie koring en olyf-olie kry nie, en ook nie wyn nie.

HOSEA 9:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Dorsvloer en parskuip sal hulle nie voed nie, en die mos sal hulle in die steek laat.

HOSEA 9:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maar die dorsvloer en parskuip sal julle nie voed nie, en geen wyn sal daar uitgetrap word nie.

HOSEA 9:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die dorsvloer en parskuip sal hulle nie voed nie, en •nuwe wyn sal daarin ontbreek.

HOSEA 9:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die vloer en die parskuip sal hulle nie voed nie, en die mos sal daarin misluk.

HOSEA 9:2 DB (Die Boodskap)

Daar gaan nie langer graan wees om te dors of druiwe om te pluk nie. Daar gaan nie meer kos vir julle wees nie. Daar sal nie langer druiwesap wees van die druiwe wat julle uitgetrap het nie.”

HOSEA 9:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Daarom sal die dorsvloer en die parskuip te min oplewer om julle te voed en die wynoes sal misluk.