HOSEA 9:16
HOSEA 9:16 Bybel vir almal (ABA)
Die mense van Efraim het geword soos wingerdstokke wat siek is en wat nie druiwe dra nie, hulle wortels is droog. Die mense van Efraim kry nie kinders nie, en as hulle miskien kinders kry, dan sal Ek die kinders doodmaak.”
HOSEA 9:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Efraim is getref, hulle wortel het verdor, hulle dra geen vrug meer nie; ook wanneer hulle kinders baar, sal Ek nogtans die lieflinge van hulle skoot ombring.
HOSEA 9:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Efraim is dodelik getref. Sy wortels het verdroog, hy kan nie meer enige vrugte dra nie. Ook al bring Efraim kinders in die wêreld, sal Ek die kinders laat sterf vir wie hulle so lief is.
HOSEA 9:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Efraim is getref, hulle wortels het verdroog, hulle sal nie enige vrug dra nie. Selfs as hulle kinders verwek, sal Ek dit wat so waardevol is in hulle moederskoot, ombring.”
HOSEA 9:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Efraim is geslaan, hulle wortel is opgedroog, hulle sal geen vrug dra nie; al baar hulle, nogtans sal Ek selfs die geliefde vrugte van hulle skoot doodmaak.
HOSEA 9:16 Die Boodskap (DB)
“Efraim is soos ’n plant waarvan die wortels iets oorgekom het. Sy wortels het begin doodgaan. Hy kan nie meer vrugte dra nie. Selfs al dra hy nog vrugte en al bring hy nog kinders in die wêreld, sal Ek die kinders laat doodgaan. Dis verby met hulle kinders, al is hulle ook hoe lief vir die kinders.”