HOSEA 6:2 – Vergelyk alle weergawes
HOSEA 6:2 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hy sal ons na twee dae 'n nuwe lewe laat begin. Hy sal ons op die derde dag weer krag gee sodat ons in sy teenwoordigheid kan leef.
HOSEA 6:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe.
HOSEA 6:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hy sal ons na twee dae laat aansterk en op die derde dag weer laat opstaan sodat ons in sy teenwoordigheid kan lewe.
HOSEA 6:2 DB (Die Boodskap)
Hy sal ons binne twee dae weer aan die lewe kry. Binne drie dae is ons weer op die been en perdfris om voor Hom te staan.
HOSEA 6:2 ABA (Bybel vir almal)
Hy sal ons gesond maak ná twee dae, Hy sal ons laat opstaan op die derde dag sodat ons kan lewe soos Hy wil hê.
HOSEA 6:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag sal Hy ons laat opstaan, sodat ons voor Hom kan lewe.
HOSEA 6:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Na twee dae sal Hy ons lewend maak; op die derde dag sal Hy ons oprig, en ons sal voor sy oë lewe.