HOSEA 3:4-5
HOSEA 3:4-5 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet dit doen, want die Israeliete sal ook lank weg wees. Hulle sal nie 'n koning en amptenare hê nie, hulle sal nie offer nie en hulle sal ook nie klip-pale of beelde hê nie. Hulle sal nie vir die beelde kan bid en vra wat sal gebeur nie. “Maar die Israeliete sal later weer terugkom. Hulle sal hulle God die Here soek, en hulle koning Dawid. Hulle sal bewe en hulle sal na die Here toe kom en na die goeie dinge wat Hy vir hulle sal gee wanneer dit die regte tyd is.”
HOSEA 3:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die kinders van Israel sal 'n lang tyd bly sit sonder koning en sonder vors en sonder slagoffer en sonder klippilare en sonder efod en huisgode. Daarna sal die kinders van Israel hulle bekeer en die HERE hulle God soek en Dawid hulle koning, en met siddering aankom na die HERE en na sy goedheid in die laaste van die dae.
HOSEA 3:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Net so sal die Israeliete 'n lang tyd moet klaarkom sonder 'n koning en amptenare, sonder offers en klippilare, sonder efodbeeld en afgodsbeeldjies. Daarna sal die Israeliete hulle bekeer. Hulle sal vra na die wil van die Here hulle God, en hulle sal hulle koning Dawid aanhang. Hulle sal vol eerbied terugkom na die Here toe en na die oorvloed toe wat Hy in die toekoms sal skenk.
HOSEA 3:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want vir 'n lang tyd sal die Israeliete sonder 'n koning en •hoë amptenare, sonder offers en gedenkstene, sonder efod en huisgode moet bly. Daarna sal die Israeliete terugkeer en die HERE, hulle God, soek, en Dawid, hulle koning. Ja, hulle sal bewend na die HERE gaan, en na sy goedheid in die laaste dae.
HOSEA 3:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die kinders van Israel sal baie dae bly sonder 'n koning en sonder 'n vors en sonder 'n offer en sonder 'n beeld en sonder 'n skouerkleed en sonder huisgode. Daarna sal die kinders van Israel terugkeer en die HERE hulle God en Dawid hulle koning soek; en sal die HERE en sy goedertierenheid vrees aan die einde van die dae.
HOSEA 3:4-5 Die Boodskap (DB)
Net so sal die Israeliete vir ’n hele tyd lank sonder ’n koning of ’n leier moet klaarkom. Hulle sal nie iets aan afgode kan offer nie. Daar sal nie regop klippe in die grond geplant wees om by te bid nie. Daar sal ook nie beeldjies of huisgodjies wees om voor raad te vra nie. Daarna sal die Israeliete terugkom. Hulle sal na die Here hulle God begin soek. Hulle sal vra of daar miskien nog afstammelinge van koning Dawid oor is. Aan die einde van die tyd sal hulle versigtig na die Here toe kom. Hulle sal verlang na die goeie dinge wat Hy vir hulle gegee het.
HOSEA 3:4-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Net so sal Israel vir ’n lang tyd sonder koning en leiers, sonder offers en aanbiddingsvoorwerpe, sonder efod of selfs afgodsbeelde wees. Daarna sal die volk terugkeer na die HERE hulle God en na hulle koning, die afstammeling van Dawid. Hulle sal met bewing en ontsag na die HERE toe kom. In die laaste dae sal hulle sy goeie gawes ontvang.