Slaan direk na inhoud oor

HOSEA 3:3 – Vergelyk alle weergawes

HOSEA 3:3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ek het vir haar gesê: “Jy moet 'n lang tyd tot my beskikking wees. Jy mag met niemand hoereer of trou nie, ek sal dit ook nie doen nie.”

HOSEA 3:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En ek het aan haar gesê: Jy sal 'n lang tyd moet stilsit vir my, nie hoereer nie en aan geen man behoort nie; en so ook ek teenoor jou.

HOSEA 3:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe sê ek vir haar: “Jy moet vir baie dae in my huis bly en nie by ander mans rondslaap nie. In hierdie tyd mag jy met niemand seksuele omgang hê nie, selfs nie met my nie.”

HOSEA 3:3 DB (Die Boodskap)

Ek het haar gewaarsku: “Jy sal vir ’n hele tyd by die huis moet bly. Jy mag nie rondloop nie. Jy mag nie by ’n ander man slaap nie. Ek sal dieselfde doen. Ek sal aan jou getrou bly. Ek sal nie gaan rondloop nie.”

HOSEA 3:3 ABA (Bybel vir almal)

Ek het vir haar gesê: “Jy moet lank by my bly en jy moenie ontrou wees en by 'n ander man slaap nie. Ek sal ook by jou bly.

HOSEA 3:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ek het vir haar gesê: “Vir 'n lang tyd moet jy by my bly. Jy mag nie hoereer nie, en jy mag nie aan 'n man behoort nie. Ek sal ook so teenoor jou optree.”

HOSEA 3:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En ek het vir haar gesê: Jy sal baie dae vir my bly; jy mag nie hoereer nie, en jy mag nie vir 'n ander man wees nie; so sal Ek ook vir jou wees.