HOSEA 3:1-2
HOSEA 3:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het weer met my, Hosea, gepraat. Die Here het gesê: “Jy moet lief wees vir 'n vrou wat vir ander mans lief is en by hulle slaap. Dit is dieselfde met My en die Israeliete. Ek is lief vir hulle, maar hulle dien ander gode. Hulle eet graag die rosyntjiekoeke wat hulle vir die afgode offer.” Ek het toe vir my so 'n vrou gekoop. Ek het 15 stukke silwer betaal en ook een en 'n halwe gomer gars.
HOSEA 3:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN die HERE het vir my gesê: Gaan nog 'n keer, bemin 'n vrou wat bemin word deur haar vriend, maar wat owerspel bedrywe, net soos die HERE die kinders van Israel bemin, terwyl hulle hul tot ander gode wend en versot is op rosynekoeke. Toe het ek haar vir my gekoop vir vyftien sikkels silwer en anderhalf homer gars.
HOSEA 3:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het vir my gesê: Gaan knoop weer 'n liefdesverhouding aan met 'n vrou wat vir ander mans lief is en egbreuk pleeg, net soos die Israeliete vir wie Ek, die Here, liefhet, ander gode aanhang en lief is vir rosyntjiekoeke. Ek het toe vir my 'n vrou gekry vir vyftien stukke silwer en honderd kilogram gars.
HOSEA 3:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het vir my gesê: “Gaan weer, gaan bemin 'n vrou wat bemin word deur 'n vriend, en wat egbreuk pleeg; soos die HERE die Israeliete liefhet, terwyl hulle na ander gode draai en van rosynekoeke hou.” Ek het haar toe vir my gehuur vir vyftien silwerstukke en 'n gomer en 'n letek gars.
HOSEA 3:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die HERE vir my: Gaan nog, en hou 'n vrou lief wat haar vriendin liefhet, maar 'n egbreekster, ooreenkomstig die liefde van die HERE vir die kinders van Israel, wat na ander gode kyk en wynvlae liefhet. Daarom het ek haar vir my gekoop vir vyftien sikkels silwer en vir 'n homer gars en 'n halwe homer gars.
HOSEA 3:1-2 Die Boodskap (DB)
Toe het die Here vir my gesê: “Gaan leer jou vrou van voor af liefkry, al is sy ’n getroude vrou wat rondslaap. Dit is net soos die Here wat die Israeliete liefhet, al loop hulle agter vreemde gode aan. Ek gee vir hulle om al het hulle ’n smaak vir seksuele speletjies en eet hulle broodjies wat van rosyne gemaak is om die afgode te plesier.” Ek het haar toe gaan terugkoop van haar nuwe man. Ek het vir hom geld en 150 kilogram gars en wyn vir haar gegee.
HOSEA 3:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe het die HERE vir my gesê: “Gaan haal jou vrou. Bring haar terug na jou toe en bemin haar al het sy ’n verhouding met iemand anders en al pleeg sy owerspel. Want die HERE het steeds vir Israel lief al het hulle ander gode verkies en uitsoekgawes aan hulle geoffer.” Ek het haar toe gekoop vir vyftien stukke silwer en 100 kilogram gars.