HOSEA 2:22 - Compare All Versions

HOSEA 2:22 ABA (Bybel vir almal)

Ek sal die mense van Jisreël soos saad maak, Ek sal hulle op die aarde saai. Ek sal weer goed wees vir Nie-Weer-Goed-Wees-Nie. Ek sal vir Nie-My-Volk-Nie sê: ‘Julle is my volk,’ en hulle sal sê: ‘U is ons God.’ ”

HOSEA 2:22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Ek sal haar vir My saai in die land en My oor Lo-Rugáma ontferm, en aan Lo-Ammi sê: Jy is my volk; en hy sal sê: My God!

HOSEA 2:22 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ek sal my ontferm oor Sonder-ontferming en haar vrugbaar maak in die land. Ek sal vir Nie-my-volk-nie sê: “Jy is my volk,” en hy sal vir My sê: “My God.”

HOSEA 2:22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“Ek gaan haar vir my in die land saai. Ek sal my ontferm oor Lo-Rugama, en vir Lo-Ammi sal Ek sê, ‘Jy is my volk,’ en hy sal sê, ‘my God.’ ”

HOSEA 2:22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die aarde sal die koring en die wyn en die olie hoor; en hulle sal Jisreël hoor.

HOSEA 2:22 DB (Die Boodskap)

Ek sal jou terugvat Jisreël toe. Ek sal jou daar laat bly. Ek sal lief word vir Lo-Rugama vir wie Ek nie omgegee het nie. Ek sal vir Lo-Ammi wat nie aan My behoort nie, sê: ‘Nou is jy weer my volk.’ En hy sal vir My sê: ‘My God.’”

HOSEA 2:22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Dan sal Ek Israel vir Myself plant. Ek sal ontferming betoon aan hulle wat Ek genoem het ‘Geen-ontferming’. En vir hulle wat Ek genoem het: ‘Nie-my-volk-nie’, sal Ek dan sê: ‘Julle is my volk.’ Dan sal hulle antwoord: ‘U is ons God!’”