HOSEA 2:18 - Compare All Versions

HOSEA 2:18 ABA (Bybel vir almal)

Die Here sê vir die mense van Israel: “Ek sal julle my volk maak, julle sal altyd my volk wees. Ek sal dit doen soos 'n man 'n bruid neem, dan is die bruid altyd sy vrou. Ek sal reg doen aan julle. Ek sal lief wees vir julle en goed wees vir julle.

HOSEA 2:18 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Ek sal My met jou verloof tot in ewigheid en My met jou verloof in geregtigheid en in reg en in goedertierenheid en in ontferming.

HOSEA 2:18 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ek gaan jou my bruid maak vir altyd. Ek gaan jou aan My bind deur my weldade en my goeie sorg, deur my liefde en my ontferming.

HOSEA 2:18 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“ Ek gaan My vir altyd aan jou verloof; Ek gaan My aan jou verloof, met reg en geregtigheid, met troue liefde en ontferming as bruidsprys.

HOSEA 2:18 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En in dié dag sal Ek vir hulle 'n verbond sluit met die diere van die veld en met die voëls van die hemel en met die kruipende diere van die aarde; en Ek sal die boog en die swaard en die oorlog uit die aarde verbreek, en sal hulle veilig laat lê.

HOSEA 2:18 DB (Die Boodskap)

“Ek sal joune wees vir altyd. Tussen My en jou sal alles reg loop. Ons sal aan mekaar getrou wees en mekaar liefhê.

HOSEA 2:18 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ek sal jou my vrou maak vir altyd. Ek sal jou aan My vasbind deur regverdigheid en geregtigheid, getroue liefde en deernis.