HOSEA 13:6
HOSEA 13:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ooreenkomstig hulle weiveld het hulle versadig geword; toe hulle versadig was, het hulle hart hoogmoedig geword; daarom het hulle My vergeet.
HOSEA 13:6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
By goeie weiding aangekom, het hulle hulle dik geëet. Toe hulle genoeg geëet het, het hulle hoogmoedig geword en van My vergeet.
HOSEA 13:6 Bybel vir almal (ABA)
Maar toe Ek vir hulle kos gegee het, en hulle genoeg geëet het, toe het hulle hoogmoedig geword en hulle het vergeet dat Ek hulle God is.
HOSEA 13:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar toe hulle by goeie weiding gebring is, het hulle hulle vol geëet, en toe hulle vol geëet was, het hulle hoogmoedig geword. Daarom het hulle My vergeet.
HOSEA 13:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar toe hulle weiding kry, het hulle versadig geraak; hulle het versadig geraak en hoogmoedig geword – daarom het hulle My vergeet.