HOSEA 13:4-6 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HOSEA 13:4-6 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ek is die Here jou God van die tyd van Egipte af. Jy het geen ander god geken nie en jy het geen ander redder gehad nie. Dit is Ek wat jou in die woestyn, in 'n dor land versorg het. Maar toe hulle by goeie weiding gebring is, het hulle hulle vol geëet, en toe hulle vol geëet was, het hulle hoogmoedig geword. Daarom het hulle My vergeet.

HOSEA 13:4-6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Tog was Ek, die HERE, jou God van Egipteland af, en buiten My het jy geen God geken nie, ja, behalwe My is daar geen Heiland nie. Ek het jou in die woestyn geken, in die land van droogtes. Ooreenkomstig hulle weiveld het hulle versadig geword; toe hulle versadig was, het hulle hart hoogmoedig geword; daarom het hulle My vergeet.

HOSEA 13:4-6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Ek is die HERE jou God wat jou uit die slawerny van Egipte gered het. Jy het geen ander God as Ek nie, want daar is geen ander redder nie. Dis Ek wat jou in die woestyn, in daardie dor land, versorg het. By goeie weiding aangekom, het hulle hulle dik geëet. Toe hulle genoeg geëet het, het hulle hoogmoedig geword en van My vergeet.

HOSEA 13:4-6 DB (Die Boodskap)

“Ek is die Here. Ek is jou God. Ek het jou uit Egipte gered. Julle behoort nie aan enige ander god nie. Julle behoort net aan My. Daar is niemand anders wat julle kan verlos nie. Dit is net Ek wat julle uit julle probleme kan red.” “In die woestyn het Ek vir hulle gesorg. Dit was droog daar en daar was nie water nie. Toe hulle daarna in ’n vrugbare land kom, was hulle soos skape wat hulle knuppeldik gevreet het. Hulle het gedink dat hulle My nie meer nodig het nie. Hulle het die rug vir My gedraai asof Ek oorbodig was.

HOSEA 13:4-6 ABA (Bybel vir almal)

“Toe hulle uit Egipte gekom het, was Ek hulle God die Here. Net Ek was naby hulle, daar was nie 'n ander god wat hulle kon red nie. Ek was saam met hulle in die woestyn, in die droë land. Maar toe Ek vir hulle kos gegee het, en hulle genoeg geëet het, toe het hulle hoogmoedig geword en hulle het vergeet dat Ek hulle God is.

HOSEA 13:4-6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“ Ek is die HERE jou God – al van Egipteland af. Buiten My het jy geen ander god geken nie, en naas My was daar geen redder nie. Dit is Ek wat jou in die woestyn versorg het, in 'n bitter droë land. Maar toe hulle weiding kry, het hulle versadig geraak; hulle het versadig geraak en hoogmoedig geword – daarom het hulle My vergeet.

HOSEA 13:4-6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar Ek is die HERE jou God van Egipteland af, en jy sal geen god behalwe My ken nie, want buiten My is daar geen Redder nie. Ek het jou geken in die woestyn, in die land van groot droogte. Volgens hulle weiveld is hulle versadig; hulle is versadig, en hulle hart is verhewe; daarom het hulle My vergeet.