HEBREËRS 9:4
HEBREËRS 9:4 Bybel vir almal (ABA)
In hierdie kamer was die goue wierook-altaar en die verbondskis wat hulle heeltemal oorgetrek het met goud. In die kis was die goue kruik waarin daar manna was, en die kierie van Aäron waaraan daar takkies en blare gegroei het, en die twee plat klippe van die verbond waarop die tien gebooie was.
HEBREËRS 9:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
waarin 'n goue wierookbak was en die ark van die verbond, rondom heeltemal met goud oortrek, waarin die goue kruik met die manna was en die staf van Aäron wat gebloei het, en die tafels van die verbond
HEBREËRS 9:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarin was die goue wierookaltaar en die verbondsark, wat in sy geheel met goud oorgetrek was. In die ark was die goue kruik met manna, die kierie van Aäron wat gebot het, asook die plat klippe met die wet van die verbond daarop geskrywe.
HEBREËRS 9:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
dit het die goue altaar vir die reukwerk bevat en die •verbondsark, wat aan alle kante met goud oorgetrek was. Daarbinne was die goue kruik met manna, en die staf van Aäron wat gebot het, asook die tafels van die verbond
HEBREËRS 9:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
wat die goue wierookbak gehad het en die verbondsark rondom met goud oorgetrek, waarin die goue pot met manna was, en die staf van Aäron wat uitloop, en die verbondstafels
HEBREËRS 9:4 Die Boodskap (DB)
In die kamer het die goue altaar gestaan waarop kruie gebrand is wat lekker ruik, asook die kis wat met goud oorgetrek was. Dit is die “ark” genoem. Die ark het die mense aan hulle ooreenkoms met God herinner. In die ark was daar ’n goue potjie met manna in, Aäron se kierie wat geblom het en die twee plat klipplate waarop die wet van die ooreenkoms tussen God en sy mense geskryf was.
HEBREËRS 9:4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daardie vertrek het die goue reukofferaltaar bevat en die ark van die verbond wat heeltemal met goud beklee was. Binne-in die ark was die goue kruik met manna, Aäron se kierie wat gebot het, en die kliptablette van die verbond waarop die Tien Gebooie gegraveer was.