HEBREËRS 9:28
HEBREËRS 9:28 Bybel vir almal (ABA)
So het die Christus Homself ook net een maal ge-offer om die sondes van baie mense weg te neem. Maar wanneer Hy die tweede maal verskyn, dan sal Hy nie kom om te sterf en om sonde weg te neem nie, Hy sal dan kom om die mense te red wat vir Hom wag.
HEBREËRS 9:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.
HEBREËRS 9:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag.
HEBREËRS 9:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
so sal •Christus, nadat Hy eenmalig geoffer is om die sondes van baie te dra, 'n tweede maal verskyn aan hulle wat Hom verwag, nie weens sonde nie, maar om hulle te verlos.
HEBREËRS 9:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So is Christus eenmaal geoffer om die sondes van baie te dra; en aan die wat Hom verwag, sal Hy vir die tweede keer sonder sonde verskyn tot redding.
HEBREËRS 9:28 Die Boodskap (DB)
so het Jesus net een maal gesterf. Sy sterwe was soos ’n offer waarmee Hy gesorg het dat God al die verkeerde dinge oorsien wat baie mense gedoen het. Christus sal weer kom, maar hierdie keer nie om vir al die verkeerde dinge wat ons doen te kom boet nie. Hy sal dan kom om almal wat vir Hom wag na God toe te neem.
HEBREËRS 9:28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
net so is Christus ook net een keer geoffer om baie mense se sonde weg te neem. Hy sal weer kom, maar dan nie met die oog op die verlossing van sonde nie. Hierdie keer sal Hy verskyn om almal wat gretig na sy koms uitsien, finaal te verlos.