HEBREËRS 9:23-28

HEBREËRS 9:23-28 Bybel vir almal (ABA)

Die dinge in die tempel-tent hier op die aarde het gelyk soos die dinge in die hemel. Daarom moes die priesters hierdie dinge op die aarde reinig met hierdie dinge waaroor ons nou gepraat het. Maar iemand moet die dinge in die hemel self reinig met beter offers, dit moet beter wees as die offers wat die aardse tempel-tent gereinig het. Dit is mense wat hierdie tempel-tent hier op die aarde gebou het, en hierdie tempel-tent lyk soos die ware tempel-tent in die hemel. Maar Christus het nie ingegaan in die tempel-tent op die aarde nie. Nee, Hy het in die hemel self ingegaan. Christus het daar ingegaan om by God te wees. Christus het ingegaan om ons te help. Die hoëpriester gaan elke jaar in die hoog-gewyde kamer in om bloed te offer, maar hy offer nie sy eie bloed nie. Christus het in die hemel ingegaan, maar nie om baie maal te offer soos die hoëpriester nie, Hy het Homself net een maal ge-offer. As Christus Homself meer as een maal ge-offer het, dan moes Hy baie maal gely het vandat God die wêreld gemaak het. Nee, Christus het nou een maal verskyn aan die einde van hierdie tyd om die sondes weg te neem. Hy het Homself ge-offer om die sondes weg te neem. Al die mense moet een maal sterf, en daarna sal God hulle oordeel. So het die Christus Homself ook net een maal ge-offer om die sondes van baie mense weg te neem. Maar wanneer Hy die tweede maal verskyn, dan sal Hy nie kom om te sterf en om sonde weg te neem nie, Hy sal dan kom om die mense te red wat vir Hom wag.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid