HEBREËRS 9:22 - Compare All Versions

HEBREËRS 9:22 ABA (Bybel vir almal)

Ja, die wette sê dat die priesters amper alles moet reinig met bloed. God vergewe nie sonde as daar nie bloed vloei nie.

HEBREËRS 9:22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.

HEBREËRS 9:22 AFR83 (Afrikaans 1983)

Byna alles word volgens die wet met bloed gereinig, en sonder die vergieting van bloed vind daar geen vergewing plaas nie.

HEBREËRS 9:22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Feitlik alles is volgens die wet met bloed gereinig; ja, sonder bloedvergieting vind geen vergifnis plaas nie.

HEBREËRS 9:22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En byna alles word deur die wet met bloed gereinig; en sonder bloedvergieting is geen vergifnis nie.

HEBREËRS 9:22 DB (Die Boodskap)

Die wet bepaal tog dat omtrent alles so met bloed besprinkel moes word om aanvaarbaar te wees vir God. God vergewe nie sondes as daar nie bloed geloop het nie.

HEBREËRS 9:22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ons kan inderdaad sê dat volgens die wet feitlik alles met bloed gereinig word. Sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis van sonde plaas nie.