HEBREËRS 9:10
HEBREËRS 9:10 Bybel vir almal (ABA)
Daardie offers was net oor reëls wat sê wat 'n mens moet doen en wat jy nie moet doen nie, dinge wat ander mense kan sien. Dit was reëls oor dinge wat mense geëet of gedrink het en oor hoe hulle mense moes was om hulle rein te maak. Maar hierdie reëls bly net daar totdat die tyd kom wanneer God alles reg en nuut sal maak.
HEBREËRS 9:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
omdat dit net bestaan het in spys en drank en verskillende wassinge en vleeslike verordeninge wat opgelê is tot op die tyd van herstelling.
HEBREËRS 9:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit het net betrekking op voedsel, drank en 'n verskeidenheid reinigingsgebruike. Dit is voorskrifte wat slegs die uiterlike raak en wat opgelê is tot die tyd dat God 'n beter orde sou instel.
HEBREËRS 9:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit het net gegaan oor kos en drank, en verskillende reinigingsrituele – bepalings vir die liggaam, wat opgelê is tot op die bestemde tyd van regstelling.
HEBREËRS 9:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
wat net bestaan het in spys en drank, en diverse wasgoed en vleeslike verordeninge, wat op hulle opgelê is tot die tyd van hervorming.
HEBREËRS 9:10 Die Boodskap (DB)
Hulle was vreeslik ernstig oor wat hulle mag eet en drink en wat nie en het allerhande dinge gedoen om hulle darem aanvaarbaar vir God te probeer hou. Hierdie soort dinge raak nie regtig die hart van die godsdiens nie en daarom, vandat Christus alles nuut kom maak het, is hierdie dinge ook nie meer nodig nie.