HEBREËRS 8:6
HEBREËRS 8:6 Bybel vir almal (ABA)
Maar nou het God hierdie Hoëpriester, Jesus, gekies en aangestel om die werk van 'n priester te doen, en sy werk is baie belangriker as die werk van die priesters op die aarde. Dit is so omdat Jesus ook die Middelaar van 'n beter verbond is. God het die nuwe verbond vir sy volk gegee toe Hy beter dinge vir hulle belowe het.
HEBREËRS 8:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar nou het Hy 'n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van 'n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is.
HEBREËRS 8:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar nou het Jesus 'n voortrefliker priesterdiens gekry deurdat Hy Middelaar is van 'n beter verbond wat op uitnemender beloftes gegrond is.