HEBREËRS 6:4 - Compare All Versions
HEBREËRS 6:4-6 ABA (Bybel vir almal)
Want as mense weggedraai het van God, dan kan ons hulle nie laat terugdraai na Hom toe nie. Want God het sy lig oor hulle laat skyn, en hulle het gevoel hoe goed die dinge is wat God gee. God het die Heilige Gees vir daardie mense gegee. Hulle is ook mense wat gevoel het dat die boodskap van God goed is en hulle voel nou al klaar dat God sterk is, God wat nou en later sal regeer. Wanneer hierdie mense weggedraai het van God, dan kan ons hulle nie weer laat terugdraai na God toe nie, want hulle kruisig weer die Seun van God, hulle word weer skuldig, en hulle maak sy Naam sleg by die mense.
HEBREËRS 6:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het
HEBREËRS 6:4 AFR83 (Afrikaans 1983)
Wanneer mense een keer deur God verlig is, die hemelse gawe ontvang en deel gekry het aan die Heilige Gees
HEBREËRS 6:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is immers onmoontlik om hulle wat eenmaal verlig is, wat die hemelse gawe gesmaak, en deel gekry het aan die Heilige Gees
HEBREËRS 6:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want dit is onmoontlik vir die wat eens verlig was en van die hemelse gawe gesmaak het en deelagtig geword het van die Heilige Gees
HEBREËRS 6:4 DB (Die Boodskap)
Een ding sal nie gebeur nie: sê nou daar is mense wat saam met julle in die kerk gesit en oor wie die lig van God reeds geskyn het. Hulle het al ’n voorsmaak gekry van die hemel en van wat vir hulle wag, hulle was deel van die werk van die Heilige Gees
HEBREËRS 6:4-6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Intussen moet julle besef dat dit onmoontlik is om hulle wat een maal deur God verlig is, maar daarna hulle rug op God gedraai het, weer tot inkeer te bring – hulle wat God se geskenk ervaar het, wat die Heilige Gees ontvang het, wat die lieflikheid van God se woord en die kragte van God se toekomstige wêreld beleef het. As hulle dan tog hulle rug op God draai, kan hulle nie weer tot inkeer gebring word nie, want wat hulleself betref, kruisig hulle die Seun van God opnuut, en hulle maak Hom openlik tot ’n bespotting.