HEBREËRS 2:9
HEBREËRS 2:9 Bybel vir almal (ABA)
Nee, ons sien vir Jesus, en God het Hom vir 'n kort tydjie minder belangrik gemaak as die engele. Maar Jesus het baie swaar gekry en Hy het gesterf, daarom het God vir Hom eer gegee en God het Hom belangrik gemaak. Jesus het gesterf sodat elke mens kan lewe omdat God baie goed is vir mense.
HEBREËRS 2:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir 'n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak.
HEBREËRS 2:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar ons sien Jesus, met eer en heerlikheid gekroon op grond van sy lyding en dood. Hy is 'n kort tydjie minder gemaak as die engele, sodat Hy deur die genade van God vir almal sou sterwe.