HEBREËRS 2:17-18
HEBREËRS 2:17-18 Bybel vir almal (ABA)
Daarom moes Hy in alles word soos sy broers, sodat Hy goed kan wees vir hulle en 'n Hoëpriester kan wees wat sy werk goed doen. Sy werk is om te doen wat God wil hê en om die sondes van die volk te versoen. Jesus het self baie swaar gekry, en die duiwel het probeer om Hom te verlei, daarom kan Hy mense help wanneer die duiwel hulle ook wil verlei.
HEBREËRS 2:17-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy 'n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.
HEBREËRS 2:17-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom moes Hy in elke opsig aan sy broers gelyk word, sodat Hy 'n barmhartige en getroue Hoëpriester voor God kon wees om die sondes van die volk te versoen. Omdat Hy self versoek is en gely het, kan Hy dié help wat versoek word.
HEBREËRS 2:17-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom moes Hy in elke opsig gelyk word aan sy broers, sodat Hy 'n barmhartige en getroue Hoëpriester kon word, om as offer te dien tot versoening van die volk se sondes. Want omdat Hy self gely het toe Hy versoek is, is Hy in staat om dié wat versoek word, te help.
HEBREËRS 2:17-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom moes Hy in alles aan sy broers gelyk word, sodat Hy 'n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge van God, om die sondes van die volk te versoen. Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, is Hy in staat om dié te help wat versoek word.
HEBREËRS 2:17-18 Die Boodskap (DB)
Daarom was dit nodig dat Jesus in elke opsig ’n mens moes word, net soos ons, sy broers en susters. So kan Hy regtig namens mense die diens aan God bewys wat God verwag. Hy kan die hoëpriester wees wat simpatie met mense het en wat mense se belange op sy hart dra. So kan Hy daarvoor sorg dat mense se sondes vergewe word en nie teen hulle gehou sal word nie. Juis omdat Hy self ervaar het hoe dit voel om swaar te kry en nee te moet sê vir versoekings, kan Hy mense wat ook in sulke situasies beland baie goed help.
HEBREËRS 2:17-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarom moes Hy ten volle soos ons – sy broers en susters – word om as ons ontfermende en betroubare Hoofpriester voor God priesterdiens te verrig en die sondes van God se volk te versoen. Omdat Hy self versoekings verduur het, kan Hy dié help wat onder versoeking swaarkry.