HEBREËRS 13:9
HEBREËRS 13:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word deur genade, nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie.
HEBREËRS 13:9 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie dat mense vir julle baie nuwe dinge wil leer en vir julle verlei nie. Dit is goed wanneer die genade van God julle geloof sterk maak, want die mense sê vir julle wat julle moet eet en wat julle nie moet eet nie, maar daardie dinge kan nie julle geloof sterk maak nie. Die wette wat hierdie mense vir julle geleer het, het nie vir hulleself gehelp nie.
HEBREËRS 13:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moet julle nie laat meevoer deur allerhande vreemde leringe nie. Die goeie is daarin geleë dat die hart deur genade versterk word, nie deur eetgebruike nie. Dié wat hulle aan hierdie gebruike gehou het, het niks daarby gebaat nie.
HEBREËRS 13:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moenie meegevoer raak deur allerhande vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart deur genade versterk word, nie deur eetgebruike wat dié wat daarvolgens lewe, niks baat nie.
HEBREËRS 13:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Moenie rondgeslinger word deur uiteenlopende en vreemde leringe nie. Want dit is goed dat die hart met genade gevestig word; nie met voedsel nie, wat die wat daarin bewoon het, geen nut gehad het nie.
HEBREËRS 13:9 Die Boodskap (DB)
Moenie luister na allerhande verkeerde dinge wat jou op ’n dwaalspoor kan bring nie. Jou geestelike lewe kry krag uit die onverdiende goedheid van God; nie uit al die spesiale kosse en eetgebruike nie. Hierdie gebruike help ’n mens eintlik niks nie.
HEBREËRS 13:9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Pas op dat julle nie meegesleur word deur die bekoring van allerlei vreemde idees nie. Dit is goed om deur God se genade versterk te word en nie deur die nakoming van kosvoorskrifte, wat in elk geval vir dié wat dit nagekom het, niks gebaat het nie.