HEBREËRS 13:2
HEBREËRS 13:2 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet aanhou om vriendelik te wees met vreemdelinge, want party mense wat dit gedoen het, was vriendelik met engele, maar hulle het nie geweet dat dit engele is nie.
HEBREËRS 13:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.
HEBREËRS 13:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves.
HEBREËRS 13:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moenie versuim om gasvry te wees nie, want hierdeur het sommige, sonder dat hulle dit weet, engele as gaste ontvang.
HEBREËRS 13:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Moenie vergeet om vreemdelinge te onthaal nie, want daardeur het sommige engele onverhoeds onthaal.