HEBREËRS 13:17
HEBREËRS 13:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie.
HEBREËRS 13:17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Luister na julle voorgangers en doen wat hulle aan julle opdra. Hulle taak is om te waak oor julle geestelike lewe, want hulle moet aan God verslag doen. Help hulle om dit met blydskap te kan doen en nie met ’n beswaarde gemoed nie. Dít sal sekerlik vir julle geen voordeel inhou nie.
HEBREËRS 13:17 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet luister na julle leiers en julle moet doen wat hulle vir julle sê, want hulle hou aan om julle op te pas, hulle sal eendag vir God moet sê hoe dit met julle gaan. As julle luister na hulle, dan sal hulle bly kan wees terwyl hulle vir julle help, hulle sal dan nie kla en sug nie, want dit sal nie goed wees vir julle nie.
HEBREËRS 13:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle voorgangers hou wag oor julle lewe en moet aan God rekenskap gee. Wees gehoorsaam en onderdanig aan hulle, want dan sal hulle hulle werk met vreugde kan doen en nie kla nie; anders het dit vir julle geen nut nie.
HEBREËRS 13:17 Die Boodskap (DB)
Luister wat julle geestelike leiers sê en doen wat hulle vra. Hulle moet julle geestelik oppas en moet vir God kan verduidelik hoe hulle dit gedoen het. Moenie dit vir hulle swaar maak nie, want dit sal julle niks in die sak bring nie. Luister liewer na hulle en maak dit vir hulle lekker om geestelike leiers te wees.