HEBREËRS 12:9
HEBREËRS 12:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verder, ons het ons aardse vaders gehad wat ons getug het, en ons het vir hulle eerbied gehad. Sal ons ons nie nog des te meer aan die hemelse Vader onderwerp en lewe nie?
HEBREËRS 12:9 Bybel vir almal (ABA)
Ek wil nog iets sê: Ons pa's was mense op die aarde, hulle het vir ons geleer, en ons het hulle gerespekteer. Maar ons sal baie meer moet luister na die Vader in die hemel, Hy wat vir almal die lewe gee. As ons luister, dan sal ons ook lewe.
HEBREËRS 12:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?