Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HEBREËRS 12:8 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HEBREËRS 12:8 AFR83 (Afrikaans 1983)

As julle nie getug word soos al die ander nie, dan is julle nie werklik sy kinders nie.

HEBREËRS 12:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.

HEBREËRS 12:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

As God julle nie dissiplineer soos Hy met al sy kinders doen nie, is julle nie regtig sy kinders nie, maar buite-egtelik.

HEBREËRS 12:8 DB (Die Boodskap)

As God julle glad nie reghelp as julle verkeerd doen deur dinge met julle te laat gebeur wat nie baie lekker is nie, moet julle weet dat julle nie regtig sy kinders is nie. Alle kinders word soms gestraf.

HEBREËRS 12:8 ABA (Bybel vir almal)

God leer vir al sy kinders so. As Hy nie vir julle so kan leer nie, dan is julle buite-egtelike kinders, julle is dan nie God se ware kinders nie.

HEBREËRS 12:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Maar as julle sonder tugtiging is, waaraan almal deel gehad het, dan is julle oneg, en nie egte seuns nie.

HEBREËRS 12:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar as julle sonder tugtiging is, waaraan almal deel het, dan is julle basters en nie seuns nie.