HEBREËRS 1:2-3 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
HEBREËRS 1:2-3 AFR83 (Afrikaans 1983)
maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak. Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel.
HEBREËRS 1:2-3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het. Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte
HEBREËRS 1:2-3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur sy Seun. God het Hom bestem om die erfgenaam van alles te wees; trouens, Hy het deur Jesus Christus ook die wêreld en alles wat daarin is, gemaak. Die Seun weerkaats God se heerlikheid, en Hy is die presiese ewebeeld van wie God werklik is. Deur sy magtige bevel hou Hy die ganse heelal in stand. Nadat Hy gesterf het om ons van sondes te reinig, het Hy die posisie van eer en mag aan die regterhand van God ingeneem – dié God so vol majesteit wat in die hemel woon.
HEBREËRS 1:2-3 DB (Die Boodskap)
Maar die tyd is nou ryp dat God sy mense weer naby aan Hom wil bring. Daarom het Hy met ons kom praat deur sy Seun, aan wie God alles gegee het. Deur hierdie Seun het God alles gemaak wat bestaan. Wanneer jy na die Seun kyk, sien jy eintlik vir God self en hoe wonderlik Hy is. Die Seun lyk net soos God. Hy sorg dat alles in die skepping bly soos dit behoort te wees, want Hy hoef net te praat en dan gebeur dit. Nadat Hy gesorg het dat ons skoon gewas is van ons sondes, is Hy terug na die magtige en groot God in die hemel toe.
HEBREËRS 1:2-3 ABA (Bybel vir almal)
Maar nou aan die einde van hierdie tyd het God sy Seun gestuur. Só het God met ons gepraat. God het besluit dat die Seun alles moet erf, want God en die Seun het die hemel en die aarde gemaak. Die Seun wys dat God die Koning is, en die Seun is presies soos God. Wanneer die Seun sê dat iets moet gebeur, dan gebeur dit. Hy laat alles gebeur. Hy het die mense gereinig van hulle sondes, en Hy het gaan sit op die belangrikste plek langs die Koning in die hemel.
HEBREËRS 1:2-3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
maar in hierdie eindtyd het Hy met ons gepraat deur sy Seun. Hom het Hy aangestel as erfgenaam van alle dinge, en deur Hom het Hy ook die wêreld geskep. Hy is die uitstraling van God se heerlikheid, en die ewebeeld van sy wese. Hy hou alles in stand deur sy magtige woord; en nadat Hy die reiniging van sondes bewerk het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogtes.
HEBREËRS 1:2-3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy het in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur sy Seun, wat Hy as erfgenaam van alle dinge aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het; Hy, wat die glans van sy heerlikheid en die uitdruklike beeld van sy wese was, en alles onderhou deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself ons sondes gereinig het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte