HAGGAI 2:7
HAGGAI 2:7 Bybel vir almal (ABA)
Dan sal al die volke hulle mooi en duur goed bring en hulle sal die tempel daarmee volmaak.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.
HAGGAI 2:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek sal ook al die nasies laat bewe, sodat die skatte van al die nasies sal toevloei; en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vervul, sê die HERE van die leërskare.
HAGGAI 2:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan sal Ek al die nasies laat wakker skrik en hulle sal met hulle skatte kom en so sal Ek hierdie huis met rykdom vul, sê die Here die Almagtige.
HAGGAI 2:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal al die nasies laat bewe en hulle sal kom met al hulle skatte en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vul,’ sê die HERE, Heerser oor alle magte.
HAGGAI 2:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek sal al die nasies laat skud, en die begeerte van al die nasies sal kom; en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vul, spreek die HERE van die leërskare.