HAGGAI 1:9-11
HAGGAI 1:9-11 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “Julle het gehoop daar sal baie koring wees wat julle kan afsny, maar julle het min gekry. Toe julle dit huis toe gebring het, het Ek dit laat verdwyn. Hoekom?” Die Here wat oor alles regeer, sê: “Ek het dit gedoen omdat my tempel nie meer staan nie. Dit is net 'n hoop klippe, maar julle almal werk hard net om julle eie huise te bou. Daarom het die grond droog geword en dit het min koring gegee. Ek het droogte gestuur oor die land en oor die berge en oor die koring, die wyn en die olie. Ek het droogte gestuur oor alles wat in die grond groei, ook oor die mense en oor die diere, oor al die werk van die mense.”
HAGGAI 1:9-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas. Waarom? spreek die HERE van die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop. Daarom het die hemel bo julle die dou ingehou en die aarde het sy opbrings teruggehou. En Ek het droogte oor die land geroep en oor die berge en oor die koring en oor die mos en oor die olie en oor alles wat die grond oplewer; en oor die mense en oor die diere en oor alle arbeid van die hande.
HAGGAI 1:9-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle het 'n groot oes verwag, maar min gekry, en wat julle nog huis toe gebring het, het Ek laat verdwyn. Waarom? vra die Here die Almagtige. Omdat my huis in puin lê, terwyl elkeen van julle hard besig is om aan sy eie huis te werk. Dit is oor julle dat die hemel sy reën en die aarde sy opbrengs teruggehou het. Ek het droogte laat kom oor die land en oor die berge, oor die koring, die wyn en die olie en oor die opbrengs van die land, oor mens en dier en oor alles waarmee die mens hom besig hou.
HAGGAI 1:9-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Julle verwag baie, maar kyk, julle kry bloedweinig. As julle iets huis toe bring, blaas Ek dit weg. “En waarom? Omdat my huis 'n bouval is, terwyl elkeen van julle rondhardloop vir sy eie huis.” Dit is die uitspraak van die HERE, Heerser oor alle magte. “Daarom het die hemel bo júlle die dou teruggehou en die aarde sy opbrengs. Ek het droogte uitgeroep oor die land en oor die heuwels, oor die koring, die •nuwe wyn en die olie, oor alles wat die grond oplewer; oor mens en dier en alles wat met moeite tot stand gebring is.”
HAGGAI 1:9-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Julle het baie gewag, en kyk, dit het min geword; en toe julle dit huis toe bring, het ek daarop geblaas. Hoekom? spreek die HERE van die leërskare. Ter wille van my huis wat puin lê, en julle hardloop elkeen na sy huis toe. Daarom is die hemel oor jou van dou teruggehou, en die aarde van sy vrugte. En ek het 'n droogte geroep oor die land en oor die berge en oor die koring en oor die mos en oor die olie en oor wat die grond voortbring, en oor mense en oor vee en oor al die arbeid van die hande.
HAGGAI 1:9-11 Die Boodskap (DB)
Julle het ’n groot oes verwag, maar dit het nie veel opgelewer nie. Die bietjie wat julle ingesamel het, het Ek laat verdwyn. Hoekom, dink julle, gebeur dit? vra Ek die Here wat mag het wat met niks en niemand vergelyk kan word nie. Dit is omdat my tempel nog verwoes lê terwyl julle almal besig is om aan julle eie huise te werk. Dit is julle eie skuld dat dit nie reën nie en niks wil groei nie. Dit is Ek wat droogte oor die land gebring het. Dit het ’n effek op die berge, die graanlande, die wingerde, die olyfboorde, die oeste en wat ook al uit die grond groei. Die droogte raak ook mens en dier en alles waarvoor julle gewerk het.”
HAGGAI 1:9-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle het gehoop dat dit ’n goeie oes sal wees, maar dit was maar skraal. Die oes wat julle nog huis toe gebring het, het Ek weggewaai. Waarom? Omdat julle almal besig is om julle eie netjiese huise te bou en dit terwyl my huis in puin lê, sê die HERE, die Almagtige. Dit is die rede hoekom daar nie dou uit die hemel kom nie en die aarde nie graan oplewer nie. Ek is verantwoordelik vir die droogte oor die weivelde en die heuwels. Dit is ’n droogte wat die graan, die druiwe, die olywe en al die ander graangewasse beskadig; ’n droogte wat julle en julle vee sal laat honger lei; ’n droogte wat alles waaraan julle so hard gewerk het, tot niet sal laat gaan.”