GENESIS 9:3-4
GENESIS 9:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Alles wat roer en lewe, sal kos wees vir julle. Naas die groen plante gee Ek dit alles vir julle. Julle mag net nie vleis eet met sy lewe in, dit is met sy bloed in nie.
GENESIS 9:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Voorheen was die plante julle kos. Nou gee Ek ook vir julle die vleis van die diere om te eet. Maar wanneer julle vleis eet, dan mag julle nie die bloed daarmee saam eet nie. Die lewe van die dier is in sy bloed.
GENESIS 9:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel wees. Net soos die groen plante, gee Ek dit alles aan julle. Net die vleis met sy siel, met sy bloed, mag julle nie eet nie.
GENESIS 9:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Alles wat roer en lewe, sal kos wees vir julle. Naas die groen plante gee Ek dit alles vir julle. Julle mag net nie vleis eet met sy lewe in, dit is met sy bloed in nie.
GENESIS 9:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Alles wat beweeg, wat leef – vir julle sal dit as voedsel dien. Soos die groen gewasse, gee Ek dit alles vir julle. Slegs vleis met sy lewe in, met sy bloed in, mag julle nie eet nie.
GENESIS 9:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Alles wat beweeg wat lewe, sal vir julle voedsel wees; net soos die groen kruid het Ek jou alles gegee. Maar vleis met sy lewe, wat sy bloed is, mag julle nie eet nie.