GENESIS 9:18-20
GENESIS 9:18-20 Bybel vir almal (ABA)
Noag het drie seuns gehad wat saam met hom in die ark was. Hulle was Sem, Gam en Jafet. Gam was Kanaän se pa. Hierdie drie seuns van Noag is die voorvaders van al die mense op die aarde. Noag was 'n boer en hy het 'n wingerd geplant.
GENESIS 9:18-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN die seuns van Noag wat uit die ark uitgegaan het, was Sem en Gam en Jafet. En Gam was die vader van Kanaän. Hierdie drie was die seuns van Noag; en met hulle begin die uitbreiding van al die aardbewoners. En Noag het as landbouer 'n wingerd begin plant.
GENESIS 9:18-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Noag se seuns wat uit die ark gekom het, was Sem, Gam en Jafet. Gam was die pa van Kanaän. Dit was Noag se drie seuns en uit hulle is die hele aarde bevolk. Noag was 'n boer, die eerste wat 'n wingerd geplant het.
GENESIS 9:18-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die seuns van Noag wat uit die ark gegaan het, was Sem, Gam en Jafet. Gam was die vader van Kanaän. Hierdie drie was die seuns van Noag, en uit hulle is die hele aarde bevolk. Noag, 'n man van die grond, was die eerste wat 'n wingerd geplant het.
GENESIS 9:18-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die seuns van Noag wat uit die ark uitgegaan het, was Sem, Gam en Jafet; en Gam is die vader van Kanaän. Dit is die drie seuns van Noag, en uit hulle was die hele aarde uitgestrek. Noag het 'n landbouer begin word, en hy het 'n wingerd geplant.
GENESIS 9:18-20 Die Boodskap (DB)
Noag se drie seuns, Sem, Gam en Jafet, het saam met hom uit die ark gekom. Gam was die voorvader van al die Kanaäniete. Uit hierdie drie seuns van Noag het al die mense op aarde ontstaan. Noag was ’n boer en hy was die eerste mens wat ná die vloed weer ’n wingerd geplant het.