GENESIS 9:14-16
GENESIS 9:14-16 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer Ek wolke oor die aarde stuur, en die reënboog is in die wolke, dan sal Ek onthou dat Ek 'n verbond gemaak het met julle en met al die diere. Ek het belowe dat daar nie weer 'n watervloed sal wees wat al die mense en diere sal doodmaak nie. Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, dan sal Ek daaraan dink dat Ek 'n verbond gemaak het met almal op die aarde, 'n verbond wat vir altyd sal wees.”
GENESIS 9:14-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As Ek dan wolke oor die aarde bring en hierdie boog verskyn in die wolke, dan sal Ek dink aan my verbond wat daar bestaan tussen My en julle en al die lewende wesens, in alle vlees. En die waters sal nie meer 'n vloed word om alle vlees te verdelg nie. As die boog dan in die wolke staan, sal Ek dit aansien om gedagtig te wees aan die ewige verbond tussen God en al die lewende wesens in alle vlees wat op die aarde is.
GENESIS 9:14-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wanneer Ek wolke oor die aarde laat saampak, en die reënboog verskyn in hulle, sal Ek dink aan my verbond met julle en al die wilde diere volgens hulle soorte. Daar sal nooit weer vloedwaters kom wat alle lewende wesens uitroei nie. Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde.”
GENESIS 9:14-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wanneer Ek wolke laat saampak oor die aarde, en die boog verskyn in die wolke, sal Ek my verbond onthou wat daar is tussen My en julle en elke lewende wese, ja, alle vlees. Die waters sal nie weer 'n vloed word om alle vlees te verdelg nie. Wanneer die boog in die wolke is, sal Ek dit sien, om so herinner te word aan die ewigdurende verbond tussen God en alle lewende wesens, alle vlees wat op die aarde is.”
GENESIS 9:14-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as Ek 'n wolk oor die aarde bring, sal die boog in die wolk gesien word; Ek sal dink aan my verbond wat tussen My en julle en al die lewende wesens van alle vlees is; en die waters sal nie meer 'n vloed word om alle vlees te vernietig nie. Die boog sal in die wolk wees; en ek sal daarna kyk, dat ek kan dink aan die ewige verbond tussen God en al die lewende wesens van alle vlees wat op die aarde is.
GENESIS 9:14-16 Die Boodskap (DB)
Elke keer wanneer dit reën en jy die boog in die wolke sien, sal Ek aan die ooreenkoms dink tussen My en jou en elke lewende wese, dat hulle nooit weer deur ’n watermassa vernietig sal word nie. Telkens wanneer die boog verskyn, sal Ek dit sien en onthou van die ewige ooreenkoms tussen God en elke lewende wese op aarde.”
GENESIS 9:14-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wanneer Ek die wolke in die lug laat saampak en die reënboog verskyn, sal dit My herinner aan my verbond met julle en alle lewende wesens dat daar nooit weer ’n vloed sal wees wat alle lewe vernietig nie. “Sodra Ek die reënboog in die wolke sien, sal Ek herinner word aan die blywende verbond tussen My en alle lewende wesens op aarde.”