GENESIS 9:12
GENESIS 9:12 Bybel vir almal (ABA)
God het ook gesê: “Ek gee vir julle 'n teken om te wys dat Ek 'n verbond met julle gemaak het. Ek het dit belowe, en dit sal altyd waar wees.
GENESIS 9:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En God het gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek sluit tussen My en julle en al die lewende wesens wat by julle is, vir ewige geslagte
GENESIS 9:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het God gesê: “Dit is die teken van die verbond tussen My en julle en die wilde diere by julle, 'n verbond wat vir alle toekomstige geslagte geld
GENESIS 9:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God het gesê: “Dit is die verbondsteken wat Ek plaas tussen My en julle en al die lewende wesens by julle, vir toekomende geslagte
GENESIS 9:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
God het gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek sluit tussen My en jou en al die lewende wesens wat by jou is, vir ewige geslagte.