GENESIS 9:1-4
GENESIS 9:1-4 Bybel vir almal (ABA)
God het vir Noag en sy seuns geseën. Hy het vir hulle gesê: “Julle moet baie kinders kry en meer word. Julle moet die aarde vol mense maak. Al die diere sal bang wees vir die mense, die wilde diere, die voëls, die diere wat kruip en die visse. Julle mag hulle gebruik. Voorheen was die plante julle kos. Nou gee Ek ook vir julle die vleis van die diere om te eet. Maar wanneer julle vleis eet, dan mag julle nie die bloed daarmee saam eet nie. Die lewe van die dier is in sy bloed.
GENESIS 9:1-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. Die vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel: alles wat op die aarde beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle hand oorgegee. Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel wees. Net soos die groen plante, gee Ek dit alles aan julle. Net die vleis met sy siel, met sy bloed, mag julle nie eet nie.
GENESIS 9:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
God het vir Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie en bewoon die aarde. Al die diere, al die voëls, al die diere wat kruip, en al die vis sal vir julle bang wees en vir julle skrik. Hulle word tot julle beskikking gestel. Alles wat roer en lewe, sal kos wees vir julle. Naas die groen plante gee Ek dit alles vir julle. Julle mag net nie vleis eet met sy lewe in, dit is met sy bloed in nie.
GENESIS 9:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God het Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, vermeerder en vul die aarde. Ontsag vir julle en vrees vir julle sal al die wilde diere van die aarde, al die voëls van die hemel, alles wat op die grond rondkruip, en al die visse van die see, vervul. In julle hande is hulle oorgegee. Alles wat beweeg, wat leef – vir julle sal dit as voedsel dien. Soos die groen gewasse, gee Ek dit alles vir julle. Slegs vleis met sy lewe in, met sy bloed in, mag julle nie eet nie.
GENESIS 9:1-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
God het Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. En die vrees vir julle sal wees oor al die diere van die aarde en oor al die voëls van die hemel, oor alles wat op die aarde beweeg, en oor al die visse van die see; in U hand word hulle oorgelewer. Alles wat beweeg wat lewe, sal vir julle voedsel wees; net soos die groen kruid het Ek jou alles gegee. Maar vleis met sy lewe, wat sy bloed is, mag julle nie eet nie.
GENESIS 9:1-4 Die Boodskap (DB)
God het Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: “Word baie en maak die aarde van voor af vol mense. Alle diere op aarde en voëls in die lug asook alles wat op die aarde kruip, sal vir julle bang wees. Selfs die visse in die see sal julle vrees. Ek gee al hierdie diere in julle mag. Julle kan met hulle doen wat julle wil. Julle kan alles eet wat leef, ook alle groenigheid in die veld. Julle mag net nie bloederige rou vleis eet nie, want in die bloed lê die lewe.
GENESIS 9:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
God het Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: “Julle moet meer word deur baie kinders te hê en so die aarde te vul. Al die diere, groot en klein, asook al die voëls en visse sal vir julle bang wees. Ek stel hulle tot julle beskikking. Benewens die groen plante mag julle hulle ook eet. Maar geen dier mag geëet word sonder dat die lewensbloed eers uitgeloop het nie.