GENESIS 8:21
GENESIS 8:21 Bybel vir almal (ABA)
Die offers het lekker geruik vir die Here, en Hy het gesê: “Ek sal nooit weer die aarde vervloek omdat Ek die mense wil straf nie. Die mense is so, hulle dink net slegte dinge vandat hulle gebore is. Maar Ek sal nie weer al die mense en diere doodmaak soos Ek nou in die watervloed gedoen het nie.
GENESIS 8:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die HERE het die lieflike geur geruik, en die HERE het in sy hart gesê: Ek sal die aarde verder nie meer vervloek ter wille van die mens nie, want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie.
GENESIS 8:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het die offer aanvaar en Hy het by Homself gesê: “Ek sal nie weer so 'n ramp oor die aarde laat kom vanweë die mens nie. Van sy jeug af bedink die mens net slegte dinge, maar Ek sal nie weer al wat lewe laat omkom soos Ek gedoen het nie.
GENESIS 8:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het die geurige offer geruik, en die HERE het in sy hart gesê: “Ek sal nooit weer die grond vervloek vanweë die mens nie, alhoewel die mens se hart van sy jeug af neig na wat boos is. Ek sal nooit weer alles wat lewe tref, soos Ek gedoen het nie.
GENESIS 8:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE het 'n lieflike geur geruik; en die HERE het in sy hart gesê: Ek sal ter wille van die mens nie meer die aarde vervloek nie; want die verbeelding van die mens se hart is sleg van sy jeug af; en ek sal nie meer alles wat lewe, weer slaan soos ek gedoen het nie.