GENESIS 7:20-23
GENESIS 7:20-23 Bybel vir almal (ABA)
Dit het nog hoër geword en dit was later 15 el hoër as die berge. Alles wat op die aarde lewe, het verdrink – al die diere wat kruip, al die voëls, die mak diere, die wilde diere en ook al die mense. Alles wat asemhaal, het verdrink. God het alles doodgemaak wat op die aarde gelewe het. Al die mense, al die diere en al die voëls het verdrink. Net Noag en almal wat by hom in die ark was, het oorgebly.
GENESIS 7:20-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Vyftien el bo hulle het die waters die oorhand gekry, sodat die berge bedek was. En alle vlees wat op die aarde beweeg, het weggesterwe: die voëls en die vee en die wilde diere en al die gedierte wat op die aarde wemel, en al die mense. Alles wat die asem van die lewensgees in sy neusgate gehad het, alles wat op die droë grond was, het doodgegaan. So is dan al die lewende wesens verdelg wat op die aarde was, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; hulle is verdelg van die aarde af. En net Noag het oorgebly en wat by hom in die ark was.
GENESIS 7:20-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die water het amper sewe meter bokant die berge gestyg en dit bedek. Al wat op die aarde geleef het, het omgekom: diere wat kruip, voëls, mak diere, wilde diere, ja, alles wat op aarde wemel, ook al die mense; alles wat die lewensasem in die neus gehad het, alles wat op land geleef het, is dood. So het God alles wat op die aarde geleef het, uitgewis: mens en dier, ook dié wat kruip, en die voëls, hulle almal is weggevee van die aarde af. Net Noag en dié by hom in die ark is gespaar.
GENESIS 7:20-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vyftien el bo hulle het die water gestyg, sodat die berge bedek was. Alle diere wat rondbeweeg op die aarde het omgekom – voëls, mak diere, wilde diere, al die diere wat op die aarde wemel, en ook al die mense. Alles wat lewensasem in hulle neuse gehad het, alles wat op droë grond was, het gesterf. Hy het alles wat bestaan, wat op die aardbodem was, uitgewis, mense sowel as diere, ook kruipende diere en die voëls van die hemel; hulle is op die aarde uitgewis. Net Noag en dié wat saam met hom in die ark was, het oorgebly.
GENESIS 7:20-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Vyftien el boontoe het die waters die oorhand gekry; en die berge was bedek. Alle vlees wat op die aarde kruip, het gesterwe, van die voëls en van die vee en van die diere en van al die kruipende diere wat op die aarde kruip, en van elke mens; Almal in wie se neusgate die asem van die lewe was, van alles wat in die droë land was, het gesterf. Al die lewende wesens wat op die aarde was, is vernietig, mense sowel as vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; en hulle is van die aarde af vernietig, net Noag het oorgebly en die wat saam met hom in die ark was.
GENESIS 7:20-23 Die Boodskap (DB)
Die water het meer as sewe meter bokant die hoogste pieke gevloei. Alles op aarde is uitgewis: voëls, vee en wilde diere, asook alle kruipende diere, ook al die mense. Alles wat op die aarde asemgehaal het, is uitgewis. Alles en almal is deur die water van die aarde af weggevee. Net Noag het oorgebly saam met dié wat by hom in die ark was.
GENESIS 7:20-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die water het tot byna sewe meter bokant die hoogste berg gestyg. Alles wat op die aarde lewe, het vergaan – die voëls, mak diere, wilde diere, die klein kruipende diere en al die mense. Alles wat asemhaal op die droë grond het doodgegaan. Elke lewende wese op die aarde is uitgewis – mense, groot en klein diere en voëls. Hulle is almal dood. Net Noag en hulle wat saam met hom in die ark was, het oorleef.