GENESIS 7:2-3
GENESIS 7:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet sewe mannetjies en sewe wyfies van elke soort rein dier neem, en een mannetjie en een wyfie van elke soort onrein dier. Jy moet ook sewe mannetjies en sewe wyfies van elke soort voël saamneem, sodat hulle kan aanhou lewe op die aarde.
GENESIS 7:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Van al die rein diere moet jy vir jou telkens sewe paar neem, die mannetjie met sy wyfie; maar van die diere wat nie rein is nie, twee, die mannetjie met sy wyfie. Ook van die voëls van die hemel telkens sewe paar, die mannetjie met die wyfie, om die geslag in die lewe te hou op die hele aarde.
GENESIS 7:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van al die rein diere moet jy sewe pare, manlik en vroulik, saamvat en van al die onrein diere net een paar, manlik en vroulik. Ook uit die voëls moet jy sewe pare, mannetjies en wyfies, saamvat. Dit moet jy doen om al die soorte op die hele aarde aan die lewe te laat bly.
GENESIS 7:2-3 Die Boodskap (DB)
Vat ook van elke rein dier sewe pare saam met jou in die ark in, ’n mannetjie en ’n wyfie. Van al die onrein diere hoef jy net een paar elk, ’n mannetjie en ’n wyfie, saam te vat. Van al die voëls wat in die lug rondvlieg, moet jy ook sewe pare saamvat, ’n mannetjie en ’n wyfie. So kan al die voëlsoorte voortbestaan.
GENESIS 7:2-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jy moet ook sewe mannetjies en sewe wyfies van elke diersoort wat Ek goedgekeur het as geskik om te eet en te offer saamvat. Neem ook een mannetjie en een wyfie uit elk van die ander diersoorte. So ook moet jy sewe mannetjies en sewe wyfies van elke voëlsoort neem om hulle voortplanting op die aarde te verseker.