GENESIS 7:17
GENESIS 7:17 Bybel vir almal (ABA)
Dit het 40 dae aanmekaar gereën, en die water het oor die aarde gestroom. Die water het meer en meer geword. Die water het die ark opgelig.
GENESIS 7:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die vloed was veertig dae lank op die aarde: die waters het vermeerder en die ark opgehef, sodat dit opgerys het bo die aarde.
GENESIS 7:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die oorstroming het oor die aarde gekom, veertig dae lank, en die water het al hoe meer geword. Dit het die ark opgelig en die ark het begin opstyg bokant die aarde.
GENESIS 7:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die vloed was veertig dae lank oor die aarde. Die water het meer geword, en dit het die ark opgelig, sodat dit hoog bo die grond was.
GENESIS 7:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die vloed was veertig dae lank op die aarde; en die waters het toegeneem en die ark opgetrek, en dit opgehef tot bo die aarde.